Skoollied - HS BEKKER

Go to content

Main menu:

Skoollied

SKOOL SCHOOL

Waar Magalies kabb'lend kronkel,
Met salies geurig om sy some.  
Waar wilgers, rietbos en pop'liere
Al buigend babbel met sy strome.  
Waar koringlande golwend goud
Al wiegend met die winde jakker.  
Waar groen olien teen rante pryk
En sonskyn spoel oor vrugbaar akker.

Daar sal ons saam 'n toekoms bou
Aan God en volk en land getrou.  
Hou hoog ons vaandel, flink en flier
Met dryfkrag in ons brein en spier.  
Die groen en ougoud wat ons dra,
Die vlam van jong Suid-Afrika!






 
 
Back to content | Back to main menu