Wildsfees - HS BEKKER

Go to content

Main menu:

Wildsfees

SOSIAAL SOCIAL > Wildsfees Game Festival

Bekker Wildsfees!
Liewe Bekkervriende

Ons nooi julle hartlik uit om deel te word van Hoërskool Bekker se Wildsfees wat op 30 Augustus vanjaar gehou gaan word.

Die Bekker Sportterrein gaan omskep word in 'n feesgrond waar oud en jonk om 'n heerlike wildsvleispotjie kan kuier tot ounag toe, terwyl ons vermaak gaan word deur die feeskunstenaar, Dusty Dixon.

Bekom 'n "lapa" teen R2500 vir 12 gaste en kom maak 'n potjie saam met jou besigheidsgenote, familie en vriende. Lapa-gashere of -vroue sal voorsien word van die volgende:  tafel, 'n driepootpot, hout en brikette, braaier, houtlepel, elandvleis en groente vir 12 gaste, geurmiddels, souse en versnaperinge.  Gaar rys sal vanaf 'n sentrale punt afgehaal kan word wanneer die potjies gereed is om bedien te word.  Elke lapa moet hulle eie stoele en drankies voorsien.

Elke lapa-gasheer of gasvrou kan sy/haar inisiatief inspan om die nodige atmosfeer te skep deur 'n karavaan staan te maak of gazebo op te slaan.  Die idee is om te kom uitspan op Bekker se werf en terselfdertyd jou besigheid te bemark deur middel van enige gepaste bemarkingsmateriaal.  Pryse is op die spel vir die "lapa" met die beste atmosfeer en gees - dus kan daar al van 2-uur af kamp opgeslaan en gees gebou word.  Beoordelaars sal teen 7-uur begin met die beoordeling.

Daar sal slegs biltong, droë wors en "chilli bites" deur die skool verkoop word.  Voorts sal daar ook lootjies te koop wees vir die gelukkige trekking wat later die Saterdagaand gaan plaasvind.  
Moenie hierdie unieke bemarkingsgeleentheid en heerlike kuieraand misloop nie!
  
Indien u belangstel om deel te word van hierdie prettige fondsinsamelingspoging, kontak Mnr L. Viljoen by ludwig@hsbekker.co.za(0845552492)  of Mev. Lienkie de Beer by lienkie@hsbekker.co.za (0763772949).

Bekker Game Festival!


To all our Bekker Friends!

We would like to invite you to become part of our Game Festical which will be held on 30 August 2014.
The sports fields will be converted into Festival Grounds where everyone, old and young can come and relax around a Game "Potjie", make new friends and listen to the music of our Festival Artist, Dusty Dixon.

Get hold of a "lapa" at R2500 for 12 guests and make your own "potjie" with business associates, friends and family.  The host of each "lapa" will be provided with the following:  table, pot, wood and briquettes, braai-stand, wooden spoon, "eland"-meat and vegetables for 12 guests, as well as spices, sauces and snacks.  Cooked rice can be collected from a central point when the "potjies" are ready to dish up.  Each "lapa" have to provide their own drinks and chairs.

Each host may use his/her own inisiative to create the necessary atmosphere by parking a caravan or pitching a gazebo.  The idea is to enjoy a relaxing evening at Bekker while advertising your business at the same time.  Prizes will be awarded to the "lapas" with the best atmosphere and spirit, therefore, camps may be set up from 2 o'clock.  Judges will start with the judging from 7 o'clock.
Biltong, droëwors and chilli bites will be sold by the school.  Tickets will also be sold for a lucky draw that will take place later that Saturday evening.  Do not miss out on this unique marketing event and social evening!

If you would like to become part of this super fundraising project, contact Mr L. Viljoen at ludwig@hsbekker.co.za (0845552492) or Mrs Lienkie de Beer at lienkie@hsbekker.co.za (0763772949).

 
Back to content | Back to main menu